Die kursus is geskoei op teorie en praktyke wat jou help om jou lewensstorie te herskryf:
‘n nuwe storie van hoop.
Leer Meer Voor die aangesig van God
Ontdek die Pastoraal Narratiewe Benadering – ’n program wat jou bemagtig in jou bediening, jou verhoudings en jou roeping. Leer Meer Waar jou verhaal en God se verhaal ontmoet

Hoop in jou, hoop deur jou

Coram Deo beteken – voor die aangesig van God. Dit is ‘n beradingsbediening van Constantiakruin en as dit jou passie is om met mense te werk en om berading te doen is die Coram Deo kursus vir jou!

Hierdie is ‘n twee- of drie-jaar gevorderde program*, geakkrediteer deur die Universiteit van Pretoria. Die program leer jou hoe om berading te doen op ‘n kreatiewe en narratiewe manier. Dit is ontwerp om studente praktiese blootstelling aan die praktyk van pastorale berading te bied. Die eerste twee jaar fokus op die teoretiese aspekte van berading en die derde jaar is prakties georiënteer wat jou dan ten volle toerus om berading te doen. Indien jy slegs die eerste twee jaar van die kursus voltooi, kan dit dien as selfverryking.

Studente word toegerus om hoop en genesing in ‘n wye verskeidenheid van situasies te bring. Die kursus bemagtig jou ook vir jou eie verhoudings en ‘n dieper verstaan van die lewe. Dis waar jóú verhaal en God se verhaal bymekaar kom, wat ons die Pastorale Narratiewe Benadering noem. Kom rus jouself toe!
*Kriteria geld

Wie mag inskryf?

Die akademiese voorvereiste vir die kursus is ‘n matriek-sertifikaat en drie jaar naskoolse opleiding (of soortgelyke werkservaring via Recognition of Prior Learning). Indien jy nie in aanmerking wil kom om verder te studeer nie, en die program deurloop vir persoonlike redes is, stel ons ten minste graad 12 voor.

Geakkrediteer deur die Universiteit van Pretoria

Geakkrediteer deur die Universiteit van Pretoria

COP26

Informasie Dokument

BROSJURE

Storie, Hoop en Genesing

INSKRYWINGSVORM

Laai gerus vorm af
Coram Deo

Die Kursus Opsies

Coram Deo – Eestejaars Studente

Coram Deo – Tweedejaars Studente

Coram Deo – Derdejaars Studente

Ek wil graag inskryf

Vul asb. die Inskrywingsvorm hieronder in en stuur dit vir ons na admin@coramdeoconstantiakruin.co.za een van ons verteenwoordigers sal terugkom na jou.

INSKRYWINGSVORM

Laai asb. vorm af en voltooi

Ek is reeds 'n student

As jy ‘n student is wie reeds ingekryf het kliek op die relevante jaar-kursus en volg asb. die instruksies wat vir jou gegee was deur Coram Deo verteenwoordiger.

1STE JAARS

2DE JAARS

3DE JAARS

Coram Deo

Nuutste Artikels

Ons Getuienisse

Wat sê mense van Coram Deo?