Soos ’n Mostertsaadjie
Wow wow en wow.
My pad het saam met Life Long Learning begin in 2025. Ek sal nooit, maar nooit spyt wees daaroor nie. Ek het myself, my passies en die pad wat die Here uitgekap het vir my, gevind.
Ek sou nooit gedink het dat deur al die wonderlike mense wat ek by Constantiakruin se klas ontmoet het, so diep in my hart sou kruip nie. Ons het soveel insiggewende klasse gehad dat ’n mens se brein letterlik soms voel of hy wil bars.
Dit gesê, kan ek nie wag vir klas weekliks nie. As ek dit nie bywoon nie, voel dit letterlik of ek iets mis. Dit voel soos ’n rouproses.
Ek is aangeraak deur nuwe begrippe en nuwe stories, en het my eie passie gevind om met mense te werk, te lei en mense bymekaar te bring. Ek is selfs besig om my eie manier te vind deur terapie te doen. Hoe ek ander kan help en lei om hul nuwe stories te begin en die probleemstories te identifiseer, fassineer my.
Hoe liefde, genade en ’n genade oor wonderwerke kan verrig. Om almal menslik te hanteer en as gelykes te sien, is net die mees wonderlikste ding. Mense wil net gelief en raakgesien word, en al is dit vir ’n uur in ’n terapiegesprek, weet ek dit is soos ’n mostertsaadjie — en dit maak ’n verskil in ander se lewens.
Koninkrykswerk is om met verskillende kulture, rasse, gemeenskappe en tale te werk. Om nie net te wonder wat om te doen nie, maar te doen. Dit is wat Life Long Learning my geleer het.
“Begin iets doen, maak nie saak hoe gering.”
Begin net.
Ek geniet die onderwerpe verskriklik, en elke keer as ek ’n onderwerp in klas behandel het, is daar letterlik ’n “living proof” dieselfde week wat op my pad gekom het.
Ek waardeer die Constantiakruin-span terdeë en kan nie wag om te sien wat 2026 vir ons gaan bring nie.
Adelina
1e Jaar Supervisiestudent van Mosselbaai